A message from our Afrikaans Society captain

Ons liefde en verantwoordelikheid teenoor bejaardes.

The following is a piece written by E Bester – the Captain of the Afrikaans Society.

 

Ouer mense is baie belangrik in die Afrikaanse kultuur. Hulle het baie wysheid en ervaring en help om tradisies en waardes aan jonger mense oor te dra. Hulle word met respek behandel en speel ‘n groot rol in die gemeenskap.
Afrikaanse mense het baie respek teenoor ouer mense. Hulle leer jonger mense oor die lewe en hou die kultuur sterk en suiwer. Hierdie respek is nie net in gesinne nie, maar ook in die gemeenskap. Dit help om belangrike tradisies en geloof te behou.
Vanaf 1863 is Maritzburg College al ‘n ou bekende skool. Die skool is trots op sy akademiese- en sporttradisies. Ouer oud-leerlinge help om hierdie tradisies lewendig te hou. Die Maritzburg College Old Boys’ Association (MCOBA), wat in 1897 begin het, maak seker dat die skool se waardes bly voortbestaan. Hulle bereik hierdie doel deur om die jonger generasies te mentor en by te staan.
Ouer mense in Pietermaritzburg, veral dié wat by Maritzburg College betrokke is, help om kulturele waardes suiwer te hou. Hulle neem deel aan skool- en gemeenskapsprojekte. Hulle leer jong mense nie net oor akademie en sport nie, maar ook oor lewenswaardes en hoe om goeie mense te wees.
Respek vir ouer mense is ‘n belangrike deel van die Afrikaanse kultuur. By Maritzburg College speel hulle ‘n groot rol om tradisies en waardes oor te dra. Dit help om die gemeenskap sterk en verenig vir die toekoms te hou. Ons het dus ook as die Afrikaans “Society” in die skool besluit om hierdie kwartaal ons liefdesprojek na ons bure te neem. Ons het vir Rosewood aftree oord gaan kuier om dankie te sê en eerbied aan hulle te toon. Ons wens hulle ook geluk met Rosewood se 32ste verjaarsdag.
E. Bester – Kaptein van Afrikaans Society